
Louw- Troue


Alexa en T-J se liefdesverhaal het in 2021 met hul eerste ontmoeting begin.
Dit was by 'n familiebraai in Melkbosstrand toe ’n gemeenskaplike vriend vir T-J skelm ’n boodskap stuur om te kom.
“Alexa is hier, jy moet nou oorkom en haar ontmoet.”
Hulle het begin gesels – moeiteloos, amper asof hulle mekaar al jare ken.
Sedert hulle eerste “date”, is hulle smoorverlief. ’n Natuurlike liefde vol gemak. Hul liefde het begin reis – Namibië, Kruger Wildtuin, spontane uitstappies en familiekuiers. Hulle het alles begin deel: drome buite begroting, besluite groot en klein en ’n katjie wat hul lewens ingekleur het.
T-J het die groot vraag, op die Weskusstrand van Doorspring tydens die sonsondergang, gevra. Met ’n bottel sjampanje en ’n foto van hul kat, Oreo, wat die ringboksie vashou, was Alexa in die middel – stomgeslaan. Alexa moes net na haar hartsklanke luister, want dan sou sy weet… “Ja, ja, ja…” T-J moes die vraag egter drie keer vra voor Alexa uiteindelik deur haar verwondering hoor. Toe was haar antwoord dadelik “Ja!”.
Hulle liefde is nou maar net aan die begin van sy reis. Hulle staan nou vol opwinding aan die vooraand van hul volgende hoofstuk waar ’n dag van viering van hierdie twee se liefdesverhaal hulle inwag. Hulle sien vreeslik uit om hierdie spesiale dag met almal te deel!
Ons Liefdesverhaal


Welkom
Sluit aan by ons liefdesfees op 10 & 11 Oktober 2025 by Letsatsi Lodge, Vanrhynsdorp.


Inligting
Vrydagaand 10 Oktober 2025 | 18:00 – 23:00
Spit en geselligheid (elke man se droom 😉) – kos is op ons, bring net jou eie verversings.
En dan…
Saterdag 11 Oktober 2025 | 15:00 vir 15:30
Jy is hartlik uitgenooi na Alexa & T-J se troue. Trek daai dansskoene aan! Kontant en kaart sal by die kroeg aanvaar word. Daarna kuier ons by die braai-area tot 03:00 (bring jou eie verversings vir later).
Ongelukkig geen kinders en metgeselle slegs per uitnodiging.
Seremonie
Kerk: Letsatsi Wedding Venue, Vanrhynsdorp.
Druk op die kaart hieronder vir aanwysings.
Kleredrag
Kleredrag: Semi-formeel
Ons vra asseblief dat ligblou en wit vermy word.


Tydlyn
Akkommodasie:Letsatsi Wedding Venue,Vanrhynsdorp


Druk asseblief op die knoppie om na die webwerf te gaan waar al die nodige besonderhede beskikbaar is.
Op die webwerf, druk op “Bookings”. Maak gebruik van die e-posadres wat daar verskyn om jou bespreking te maak. Jou kamer sal dan aan jou toegewys word, en betaling geskied direk aan die lodge.
Die koste beloop R750 per persoon en ontbyt is ingesluit.
Geskenke
Ons is so geseënd met alles wat ons het. Ons grootste geskenk is om julle elkeen daar te hê, om ons groot dag saam te vier! Indien jul 'n bydra wil lewer, sal daar 'n kontant boksie beskikbaar wees, andersins ons bankbesonderhede:
Bankbesonderhede:
Bank: Absa bank
Account holder: Alexa de Villiers
Account type: Tjek rekening
Bank nommer: 4082537627
Tak nommer: 632005




Deel jou foto's
© 2025. All rights reserved.
Ons nooi jou uit om ons liefdesverhaal saam met ons te deel: Tag ons op @alexatjlouw1110 en #goinglouw om jou foto's te deel.
Vir enige navrae kontak:
Alexa: 0784394362 of
T-J: 0723109761